Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Mona Olieslaager, die brein agter die Ghoebaha Khoi-patatslaai wat koning gekraai het verlede jaar 27 Desember tydens die patatkompetisie in Pacaltsdorp deel uiteindelik haar wenresep.
Olieslaager sê: "Die naam Ghoebaha beteken iemand wat 'n ereplek in die samelewing verteenwoordig," juis daarom is die Ghoebaha Khoi-patatslaai 'n gerespekteerde gereg.
Mona is 'n boorling van George en woon al jare in Pacaltsdorp.
Olieslaager is 'n medestigter van MK Khoi-san Creations wat geleë is in Hiberniastraat in George se sentrale sakegebied.
Ghoebaha khoi-patatslaai
Bedien 8 mense
Bestanddele
500g Patats (in blokkies gesny)
1 Stingel seldery
½ Koppie Mayonnaise
1 Eetlepel suurlemoensap
2 Eetlepels stroop
3 Eetlepels Creamy 1000 Island Salad Dressing
2 Knoffelhuisies (fungekap)
1 Gerasperde ui
1 Blikkie mossels (of eie keuse tussen; biltong, spek of hoender)
1 Koppie Cashew nuts
2 Eetlepels Canola Chili Olie
Fyngekapte petersilie en koljanderblare
Metode
1. Kook die 500g patats.
2. Voeg die stingel seldery en kook vir vyf minute saam met die patat.
3. Laat patat en seldery goed afkoel.
4. Voeg fyngekapte knoffelhuisies by.
5. Meng Mayonnaise, Creamy 1000 Island Salad Dressing, suurlemoensap en stroop deeglik in 'n aparte bak.
6. Gooi bogenoemde mengsel oor afgekoelde patats.
7. Voeg die mossels laaste by.
8. Roer alles versigtig deur. Die patat blokkies moet heel bly.
9. Versier met fyngekapte petersilie en koljander.
10. Laat staan vir ‘n rukkie sodat geure kan meng.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: Patat die wen-wen plaaslike wonder
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'