GEORGE NUUS - Lede van die Rolemodels Foundation vanoor die land het Vrydag 13 November saamgestaan om torings van blikkieskos te bou.
Die Tuinroete-span, wat uit Rolemodels-finaliste, -titelhouers en -vrywilligers bestaan, het by die Oakhurst-hotel bymekaargekom waar hulle 'n toring van altesaam 3 280 blikkies gebou het. Al dié blikkieskos is binne die laaste twee maande ingesamel.
"Ons wil baie dankie sê aan elke liewe persoon wat blikkies geskenk het. Ons het skenkings sover as Sudan ontvang," sê Mariëtte Griebenauw, direkteur van die Tuinroete-been van die Rolemodel Foundation, na die byeenkoms gesê.
Die nie-bederfbare kosse gaan by verskeie welsynsorganisasies in die Tuinroete uitgedeel word en enigiemand wat nog skenkings wil maak kan vir Griebenauw by 061 265 4898 kontak. Skenkings kan ook by Glassfit George afgelewer word.
Die Rolemodels Foundation se Little Miss Mzantzi 2020, Justine Proudfoot (11) van Mosselbaai, het op haar eie 1 028 blikkies ingesamel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'