Update Video
GROOT BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Die polisie het op onder meer 'n selfoon beslag gelê wat tussen riete op Groot-Brakrivier gevind is, nadat gewapende rowers in 'n bebosde gebied duskant Wolwedans in gehardloop het.
Dit na 'n grootskaalse soektog vanoggend geloods is na een persoon tydens 'n rooftog geskiet is. Die slagoffer het na wat verneem word brood by 'n winkel by Green Haven afgelewer toe die rowers toegeslaan het.
Polisiebeamptes het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat die selfoon aanhoudend gelui het.
Intussen is 'n man wat vermoedelik die wegkom-motor sou bestuur in hegtenis geneem.
Die verdagte het glo in 'n voertuig by die parkeerarea van die skoenfabriek op Groot-Brakrivier vir die rowers gewag toe hy aangekeer is.
Hy het intussen na wat verneem word 'n beskrywing van die verdagtes aan die polisie gegee.
'n Helikopter soek tans vanuit die lug na die vermeende rowers. Die hulp van 'n kamera wat liggaamshitte kan optel word nou vanuit die helikopter gebruik in die hoop om die rowers vas te trek.
Louise Karsten het met lugondersteuning gesels oor watter proses hulle volg. Kyk die video hieronder:
Die toneel waar 'n man voor 'n winkel op Groot-Brakrivier vanoggend geskiet is, is deur die polisie afgesper.
Die gebied waarin die polisie na die vermeende rowers soek is dig bebos.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'