GEORGE NUUS - Vier dae ná die moord van 'n man (40) in die Rosedale-plakkerskamp, is 'n verdagte vasgekeer.
Samkelo Ngxwalazi (26) is Donderdag-aand, 17 Februarie, op die N2 naby Pacaltsdorp deur Pacaltsdorp-polisie in hegtenis geneem ná inligting vanaf die gemeenskap opgevolg is.
Hy het sy eerste hofverskyning in die George-landdroshof op Maandag 21 Februarie gemaak, waarna die saak tot Maandag 28 Februarie vir 'n borgtog-aansoek uitgestel is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sal die ondersoek-beampte beslis die borgtogaansoek teenstaan.
Die inhegtenisname volg ná die slagoffer by 'n huis in die Rosedale-plakkerskamp met 'n mes gesteek is.
Volgens 'n betroubare bron na aan George Herald, het twee mans in 'n argument betrokke geraak terwyl hulle gedrink het, en een van die mans het die ander met 'n mes gesteek.
Die slagoffer is na die hospitaal geneem, maar het aan sy wonde beswyk. Die verdagte het te voet gevlug.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'