Update
GEORGE NUUS - Die man wat in hegtenis geneem is ná 'n gru-ongeluk in Beachweg twee weke gelede is gister, Woensdag 28 Oktober, op borgtog van R1 000 en streng voorwaardes vrygelaat.
Ridewaan Hendricks (24) se borgtogvoorwaardes sluit huisarres in en hy mag glad nie bestuur nie.
Hendricks staar twee aanklagte van strafbare manslag in die gesig, sowel as een van dronkbestuur, ná Nicolene Scheepers (40) van Pacaltsdorp en Ismail Fernol (45) in die vroeë oggendure op Saterdag 10 Oktober in die ongeluk oorlede is.
Scheepers en Fernol is op die toneel oorlede toe Hendricks in ‘n donkerkleurige Polo, in hulle Toyota Tazz vasgejaag het.
Hendricks, met ten minste nog een hangende saak van dronkbestuur teen hom, was sedert sy inhegtenisname later daardie aand in aanhouding.
Die saak dien voor landdros C Wyngaardt, aanklaer C Williams is vir die staat en Hendricks word deur Winston Jansen van Winston Jansen Prokureurs verteenwoordig.
Ismail Fernol
Nicolene Scheepers (voor) en haar suster, Emmerentia Jansen wat saam met haar in die ongeluk betrokke was.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'