GEORGE NUUS - Die Wes-Kaapse verkeerspolisie het vanmiddag, 31 Desember 'n man in hegtenis geneem na 'n ongeluk in die Kaaimansrivierpas.
Min besonderhede is nog oor die ongeluk beskikbaar. Dit was vanmiddag koel en by tye reënerig in die gebied. Een baan in 'n oostelike rigting was in 'n stadium gesluit.
Aanvanklik het dit gelyk soos twee ongelukstonele. Blykbaar het 'n man in 'n oostelike rigting in 'n medium grootte voertuig gery toe die bestuurder van 'n silwerkleurige Mercedes teen hom gebots het. Die bestuurder van die Mercedes het blykbaar aangery.
Hy is glo kort daarna deur 'n verkeerspolisiebeampte aangekeer. 'n Man is na verneem word op die toneel vir alkohol getoets.
Nooddienste was gou op die toneel en die bestuurder van die medium grootte voertuig het ligte beserings aan sy regterbeen opgedoen.Teen laatmiddag was al die bane weer oopgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’