GEORGE NUUS - Remona Tom van Ramaphosa, sone 6 in Thembalethu, wil graag weer 'n Kerspartytjie vir die kinders in haar residensiële area hou.
Tom is 'n dagmoeder wat ook 'n sopkombuis in die area vanuit haar huis bestuur. In die verlede het George Herald al vele maal oor haar gemeenskapswerk berig.
Tom verwag sowat 150 kinders by haar huis op Kersdag vanjaar. "Enigiets wat dit vir die kinders lekker sal maak, is welkom," het Tom gesê.
"Beskuitjies, koekies, lekkergoed, speelgoed - enigiets wat hulle sal laat voel dis Kersfees. My hartsbegeerte is om vir elkeen 'n klein presentjie te kan gee."
Volgens Tom het die pandemie die ouers van Thembalethu hard geslaan en is daar heelwat inwoners wat hul werk verloor het. "Dit gaan maar swaar," het sy gesê. "Ek gee drie keer 'n week kos en ek kan sien dinge is maar moeilik."
Kontak Tom by 064 820 8306.
Remona Tom is bekend vir haar sopkombuis in Ramaphosa, Thembalethu.
Hier vind al die kokery plaas. Kleurvolle bakkies word gevul met iets voedsaam en warm.
Remona Tom is bekend vir haar sopkombuis in Ramaphosa, Thembalethu.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'