Gallery
GEORGE NUUS - Die reën op Kersdag het beslis nie vir oom Jannie Flores van Olympic-rylaan in Delvillepark in sy spore gestuit nie.
Hy het soos elke jaar, saam met Kersvader (Alhadstair McFarlane) die kinders van Syferfontein en die groter Pacaltsdorp, met lekkernye bederf.
"Kersvader het die lekkers vir die kinders gebring en ons gee elke jaar 'n pakkie NikNaks. Die reën het ons 'n bietjie gekortwiek, maar ons het vir die laatkommers hul lekkers in die huis uitgedeel," vertel Flores.
Flores se huis word ook elke jaar met die mooiste Kersliggies versier en wanneer beurtkrag nie intree nie, kom mense van heinde en ver om dié skouspel te besigtig.
FOTOGALERY: Kersvader soek soet kinders in Delvillepark
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'