Gallery
GEORGE NUUS - Tientalle leerders van Blanco, Pacaltsdorp en Rosemoor het Vrydag 29 Junie, die koue trotseer om 'n lewendige kinderprogram by George-museum by te woon. Die opvoedkundige kinderprogram is aangebied deur George-museum.
Verskeie rolspelers het opvoedkundige items gelewer. Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) inspekteurs, Gerda Reynders en Vanessa Lucas het 'n poppekas aangebied oor geweld teenoor diere en het wenke gegee oor hoe om diere goed te versorg.
George-munisipaliteit se MIV-afdeling het 'n voorlegging oor siektes aangebied. Die leerders kon ook vele ander kunsaktiwiteite en opvoedkundige speletjies geniet.
Volgens George-museum se programkoördineerder, Errol Jaftha, was die omliggende tema van die dag ook die nalatenskap van Nelson Mandela en om daarna te streef om sy waardes uit te leef.
Jaftha bedank, die leerders, opvoeders, Tuinroete DBV, George-munisipaliteit MIV-afdeling en Living Language NGO.
Zaneigh Claasen (Laerskool Blanco) en Lee-Ann Maart (Kretzenshoop Laerskool) sê hulle het die opvoedkundige kinderprogram baie geniet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'