Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ds Francois Mulder van Blanco gemeente se “Peetpa-reis” met die kerkuiltjies van die gemeente het voorlopig ten einde geloop.
Die laaste uiltjie, Titus, het teen 19 Julie die uilboks suksesvol verlaat.
Verskeie van die uile word in die aande gehoor en gesien op die kerkterrein en omgewing. In hierdie video volg ons vir 5 minute die wel en weë van Pa Bells en Ma Hedwig se kroos.
Kyk die video hier:
Hier volg hul verhaal:
6-5-4-3-2-1
12 April tot 19 Julie 2020
Die verhaal van die KERKUILE van Blancogemeente, George.
6 Nonnetjie Uil Eiers ontdek op die 3e verdieping van die 5-verdieping kerktoring op (PAASSONDAG 12 April 2020).
5 Broei uit in die kerktoring.
Op PINKSTERSONDAG (31 Mei 2020) word die 5 uilskuikens verskuif uit die kerktoring na ‘n uilboks in ‘n boom op die kerkterrein.
4 Teen 7 Junie is daar 4 oorlewendes in ‘n uilboks, waarna ouboet Winston die boks eerste verlaat teen 28 Junie, daarna volg Albus teen 7 Julie, Bella teen 12 Julie en heel laaste Titus teen 19 Julie.
Op Maandag 6 Julie het iemand die oudste enetjie hier aangebring (dood so 1km vanaf kerkterrein) - RIP Winston Churchowl.
Wat ‘n wonderlike belewenis saam met Blancogemeente George se lidmate met hierdie pragtige uiltjies.
2 Paasnaweek (12 April) tot 19 Julie - 3 maande van dophou en verwondering oor ons die Kreatiewe Skeppingshand van die Here kon raaksien!
1 Naskrif: Uit Pa Bells en Ma Hedwig se natuur-oogpunt is dit ‘n groot sukses (dink ek):
6 eiers
5 uitgebroei
1 dood in uilboks (jongste)
1 wat eerste nes verlaat oorleef 2 weke (en toe dood)
3 verlaat die nes suksesvol!
19 Julie en die uilboks is léég
UILNAME:
Pa Bells en ma Hedwig Churchowl met hul kroos:
1. Winston Churchowl
2. Albus Churchowl
3. Bellatrix (Bella) Churchowl
4. Titus Churchowl
5. Pinky Churchowl
Vorige artikels:
- Oudtse van Churchowl-kroos dood gevind
- Uilkuikens in kloktoring verskaf geementepret
- Dominee en uil skrik ewe groot
- Dominee en uil skrik ewe groot
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'