Update
GEORGE NUUS - 'n Pienkvoet is die rede waarom George en Maggel Gerber deesdae so breed glimlag.
Die Gerbers het op 23 April die ouers van hul eersteling, Mikayla geword. Die egpaar se mooi liefdesverhaal het inwoners oor die jare aangegryp.
Die twee het oorspronklik by die George-nagskuiling ontmoet. In Junie 2017 het hulle saam motors begin oppas en in Februarie 2018 het hulle verloof geraak. Hulle is op 2 Februarie 2019 getroud.
Tydens George Herald se besoek laat Maandagmiddag was die kleine Mikayla vas aan die slaap. George kon nie ophou kyk vir sy dogtertjie nie.
Lees meer in Donderdag se George Herald, as ook aanlyn.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'