GEORGE NUUS - Leerlinge, ouers en personeel van Hoërskool Outeniqua het kragte saamgesnoer in die stryd teen kanker. Omdat Oktober gaan oor borskankerbewusmaking, is die inisiatief juis in die maand geneem.
Marlene Roux, 'n onderwyser by die skool, het die klasleiers gekoördineer. Altesame 45 klasse en vier leerlinge uit elke klas is betrek asook verskeie onderwysers.
Susan van der Walt, 'n onderwyser en koördineerder van die projek, het gesê borskanker raak beide mans en vrouens. Om dit onder leerders, personeel en ouers se aandag te bring het die klasleiers in samewerking met Pink Trees for Pauline geld ingesamel.
Op Donderdag 13 Oktober het elke klas 'n boom of twee in Kwaggaland se laan met pienk lappe versier.
Die personeel en Kwagga-leerders het hul harte en hande vir hierdie projek oopgemaak, omdat daar soveel van hulle is wat deur kanker geraak word - hetsy deur familie of vriende wat kanker het.
Leerlinge van Hoërskool Outeniqua help om bome in pienk te tooi as deel van borskankerbewusmaking.
Volgens haar is die skool jaarliks betrokke by kankerbewusmaking en insamelings vir Kansa.
'n Bedrag van R4 555 is binne twee dae ingesamel. Die Uitreikportefeulje by die skool het in totaal 500 m pienk lap geknip en ook die bome rondom Yorkstraat se sirkel en by Courtenaystraat se kruising met pienk lap aangetrek.
Volgens haar was dit 'n belewenis vir almal om by die projek betrokke te wees. "Ons gaan definitief volgende jaar weer betrokke raak."
Leerlinge van Hoërskool Outeniqua help om bome in pienk te tooi as deel van borskankerbewusmaking-maand.
Die skool was in die verlede by soortgelyke projekte betrokke. In Februarie is oranjestrikkies ten bewusmaking van leukemia verkoop en ook aan die Cansa Relay for Life deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'