WES-KAAP NUUS - Persone wat veral in die hoërisiko-groep is, moet vanjaar seker maak dat hulle 'n griepinspuiting kry.
Dit is volgens Nadia Ferreira, Wes-Kaap department van gesondheid se woordvoerder.
Wie val in die hoë risikogroep?
- Swanger vrouens
- MIV-positiewe persone
- Persone, jonk of oud met 'n hoë risiko vir griepverwante komplikasies
- Inwoners van ouetehuise en ander fasiliteite vir chroniese sorg of rehabilitasie
- Kinders tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar wat langtermyn-aspirienterapie ontvang
- Alle persone van 65 jaar en ouer
"Ons griepseisoen mag later kom – beskerm jouself. Dit is gratis by alle klinieke beskikbaar," sê Ferreira.
Skakel die kliniek in jou dorp vir 'n afspraak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'