GEORGE NUUS - Kretzenshoop Primêr se hoof, Elton Titus, is positief oor wat 2023 inhou.
Die skool het 115 graad 1's, 10 meer as verlede jaar.
"Ons is baie opgewonde om weer 'n nuwe jaar te kan begin en dankbaar vir die geleentheid wat die Here vir ons gegee het om vir ons kinders 'n baken van hoop te wees.
"Die kleintjies en hul ouers was ewe bly oor hul eerste skooldag. Dit is vir ons 'n riem onder die hart om te sien hoe ouers in hul getalle optrek om hul kinders aan die hand skool toe te bring.
"My boodskap vanoggend aan ons leerders en onderwysers was dat ons alles positief gaan aanpak en in 'n positiewe gesindheid teenoor mekaar optree in ons strewe na 'n skool van uitnemendheid."
Chemique Wynand is gretig om haar eerste skooljaar te begin. Ma Bernadine het haar op haar eerste skooldag in die klas afgesien. Foto: Alida de Beer
Jané Haynie van Kretzenshoop Primêr wou nie van haar mamma afskeid neem nie. Foto's: Alida de Beer
Rushin Boesak se pa en ma, Kreeson en Rieza, maak seker hy is tuis in sy klas by Kretzenshoop Primêr.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'