GEORGE NUUS - Die George-hospitaal se kraamafdeling was bedrywig op Nuwejaarsdag met vyf babas wat hulle in die wêreld verwelkom het - twee meisietjies en drie seuntjies.
Mediclinic George se kraamafdeling het geen Nuwejaarsdagbabas gehad nie.
Francisca Musiyiwa met haar waardevolle Nuwejaarsdaggeskenk - 'n seuntjie.
Lynette Siema is die baie gelukkige mamma van 'n fraai dogtertjie.
2022 het vir die Samuels-egpaar 'n wonderlike begin gehad met die geboorte van 'n fris klein bulletjie.
Veilig in sy ma se arms. Shahida Macclune se kosbare bondeltjie is 'n seuntjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'