GEORGE NUUS - Die Sondagskool van die Congregational Church Pacaltsdorp, het die afgelope naweek kinderdag oor twee dae gevier. Saterdag het die kinders by die ou Klipkerk in Missionstraat bymekaargekom vir pretaktiwiteite en Sondag was dit 'Superhero Sunday'.
Die vieringe van die United Congregation Church of South Africa (UCCSA) Sondagskole vind jaarliks plaas. Saterdag se verrigtinge het lekker aktiwiteite soos toutrek, raakrugby en 'n praatjie oor boelies en hoe om jouself te beskerm as jy in so 'n situasie beland, ingesluit.
Angelo Prins, 'n vegkunsspesialis, het die kinders touwys gemaak.
Annelize Richards, een van die Sondagskoolpersoneel, sê die dag is spesiaal vir hulle en sy het die ouers en die kinders bedank wat die dag saam met hulle geniet het. Die kerk se diens is Sondag ook deur die kinders gelei met die tema 'Superhero Sunday'.
Al die kinders het aangetrek soos helde en selfs eerwaarde Gerhard Human het 'n groen masker gedra.
Die Sondagskole van Herold en Blanco het ook die diens bygewoon en 'n heerlike middagete saam met Pacaltsdorp geniet.
Die Familiehuis-kerk het voor middagete 'n poppekas vir die kinders gehou.
Een van die aktiwiteite Saterdag was 'n toutrekpoging tussen die seuns.
Die Sondagskool personeel van die Pacaltsdorp UCCSA lyk te fraai in hul 'Superhero'-hempies.
Hier is Tammy Kerspey, Diné Heyns, Furdon Rondganger en Marieta Kerspey besig om pannekoek te bak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'