GEORGE NUUS - Kersfees is om die draai en die gewilde Kersete vir Huishulpe om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in ons huise werk is weer op hande.
Daar is twee datums om van te kies: Woensdag 7 Desember en Donderdag 8 Desember.
Vroue word met ‘n spesiale middagete van ‘n burger en skyfies, met roomys en koeldrank getrakteer, teen slegs R100 per persoon. Geronimo Spur is al meer as 10 jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die dames elke keer met heerlike kos teen ‘n baie spesiale prys.
Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat plaas en die middag se verrigtinge begin om 14:00. Daar is beperkte plek en bespreking is noodsaaklik.
Organiseerder, Juanita Myburgh, sê: "Ek wil dit graag sterk aanmoedig dat werkgewers ook vir hulself ‘n kaartjie koop om heerlik saam te kuier met hul huishulp. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf - so moet dit nie mis nie."
Kaartjies is te koop by die Spur of kontak Juanita om 'n plek te bespreek: 083 452 1773.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'