Gallery
GEORGE NUUS - 10 Kersbabas, ses dogtertjies en vier seuntjies, is gister op Kersdag by die George-hospitaal gebore en by Mediclinic George, slegs een seuntjie.
Fungai Dhuhwa (28) van Thembalethu se seuntjie, Junior, het eerste sy opwagting by die George-hospitaal om 03:06 gemaak. Hy is deurmiddel van 'n keisersnit gebore en het 2,5kg geweeg.
Kort daarna om 03:25 het Chimoné Majola, ook van Thembalethu, aan haar dogtertjie geboorte geskenk.
Annelise Tiemie (34) van Zoar en haar seuntjie, Colin, sterk ook tans aan in die George-hospitaal. Hy is 11 weke te vroeggebore en het 1kg by geboorte gewees. Hy word in die hospitaal se neonatale-waakeenheid versorg. Colin is ook op Kersdag in Ladismith gebore.
By die Mediclinic George is slegs een seuntjie gebore, Eliah-John Mckenzie. Dié pragtige swartkop seuntjie is om 17:19 gebore en het net oor die 3kg geweeg. Sy ma, She-Laine, is 'n verpleegsuster by Mediclinic George en het haar kollegas lekker verras toe sy op Kersdag by die hospitaal opdaag.
George Herald kon nie 'n foto kry van Chimoné Majola nie aangesien sy reeds ontslaan was met die koerant se besoek vandag (26 Desember) aan die hospitaal.
She-Laine McKenzie en haar man, Frank, met hul seuntjie Eliah-John. Hy is die enigste baba wat op Kersdag by die Mediclinic George gebore is.
Klein Junior Dhuhwa is die eerste Kersbaba wat by die George-hospitaal gebore is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'