GEORGE NUUS - Sondag 24 September is Nasionale Braaidag en Suid-Afrikaners (regoor die wêreld) word aangemoedig om op hierdie dag - ook Erfenisdag - 'n tjoppie op die kole te gooi.
Kom ons vier ons erfenis met 'n trots Suid-Afrikaanse tradisie... die braai!
Dawie se bobaas krummelpap
'n Onlangse potjiekoskompetisie waartydens die onderskeie afdelings van die George Herald hul slag met 'n swartpot moes wys, het personeel nou nog aan die praat oor Dawid Botha, oftewel Dawie, se krummelpap.
Hier is die resep:
• 2 liter water
• 1 eetlepel sout
• 2 kg mieliemeel (Starwhite)
• 500 gr geel margarien (Cordon Bleu)
• 2 blikke pitmielies
1) Spuit Spray & Cook in kastrol om te verhoed dat die pot aanbrand.
2) Kook water en sout.
3) Gooi meel by en laat stoom vir so 6 minute.
4) Roer nou baie goed deur. Roer weer, en weer en weer - baie gereeld.
5) Verminder ook die hitte na so 20 minute, maar roer steeds gereeld.
6) Kook die krummelpap omtrent 3 ure.
7) Na 2 ure en 45 minute voeg mielies (sonder die water) by, asook die margarien.
8) Roer steeds gereeld oor baie lae hitte.
Die geheim is in die roer. Hou net aan roer!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'