GEORGE NUUSFLITS - Die jaarlikse konferensie van die Institute for municipal administrators (IMASA) is op die oomblik aan die gang by die Oubaai-Hotel. Dit duur tot Vrydag.
IMASA is 'n saambreel-organisasie vir munisipale administratiewe amptenare.
Munisipale amptenare van stede en dorpe in al 9 provinsies woon die konferensie by en sit koppe bymekaar oor die pad vorentoe.
Volgens Ch’erel Jansen van Rensburg, uitttredende president van IMASA, word die druk op dienslewering beslis groter.
Van die mense wat ongelukkig is het regtig rede om te kla. In sommige het hulle byvoorbeeld nie toegang tot water en sanitasie nie.
IMASA het begrip vir hul situasie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'