GEORGE NUUS - 'n Woordewisseling tussen die George-speaker, Gerrit Pretorius, en Icosa-raadslid Theresa Fortuin, het uitgeloop op 'n ondersoek teen Fortuin.
Luidens 'n raadsbesluit einde Februarie, is 'n komitee, bestaande uit raadslede, aangestel om te bepaal of Fortuin die gedragskode vir raadslede oortree het.
Fortuin het egter in Augustus verlede jaar, kort na die betrokke raadsvergadering wat tot die ondersoek aanleiding gegee het, 'n klag teen Pretorius by die George-polisie ingedien. Sy het op 'n vorige geleentheid gesê dat haar menswees deur 'n uitlating van Pretorius aangetas is.
Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, het bevestig dat daar nog geen beslissing in die saak geneem is nie.
"Volgens die polisie word die saak nog ondersoek. Die aanklaer het die dossier versoek," het hy gesê.
Nie Pretorius of Fortuin wou kommentaar oor die kwessie lewer nie.
'n Woordewisseling tussen die George-speaker, Gerrit Pretorius, en Icosa-raadslid Theresa Fortuin, het uitgeloop op 'n ondersoek teen Fortuin.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'