Gallery
GEORGE NUUS - Niks staan in die pad van diereliefhebbers nie. Dit is weer die afgelope naweek bewys toe Wiele vir Liefdadigheid se jaarlikse Pote in Nood-geleentheid gehou is.
Nie eers sprake van slegte weer kon die entoesiasme van deelnemers demp nie.
Anton Meyer, stigter en hooforganiseerder van die Pote in Nood-projek het Dinsdag gesê dit het Saterdag 4 Desember om 09:00 begin deur 'n dubbeldoel (dual) motorfietsdag wat deur Ride out Africa aangebied is. Daar is tydens die geleentheid 'n groot hoeveelheid kos ingesamel, asook net onder die R7 000 kontant.
Sondagoggend, 5 Desember, het die fokus verskuif na die parkeerarea van Redefine-boulevard, in Yorkstraat. Belangstellendes het al van voor 11:00 met sakke dierekos opgedaag.
Fotogalery: Wiele vir Liefdadigheid se jaarlikse Pote in Nood-geleentheid
Die naweek se Pote in Nood-liefdadigheidsgeleentheid was ten bate van PDSA, George.
Volgens hom was dit baie suksesvol. In totaal is R18 000 oor die twee dae ingesamel.
Een van die deelnemers Vincent Richard het met sy gelukbringer, Lucky, op sy rug gery. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'