Die Mosselbaai Munisipaliteit kan ‘n 8-ton vragmotor vol gesnyde gras gratis as veevoer vir Buisplaas se boere beskikbaar maak, maar beskik nie oor die fondse om die gras tot op Buisplaas – op die Herbertsdalepad – te vervoer nie. Beraamde vervoerkoste beloop R5 000.
Die gras is net Vrydag, wanneer dit van die Van Riebeeckstadion en Uitbreiding 23 sportgronde verwyder moet word, beskikbaar.