GEORGE NUUS - Woensdagoggend 8 November om 09:00 het matrikulante Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal (V2) geskryf.
Brümilda Swartbooi en Luzuko Sampo het by Hoërskool George se matrieks gaan inloer na die eksamen om te hoor hoe hulle die vraestel gevind het.
Die nasionale matriekeksamen is reeds in die derde week na die aanvang op Dinsdag 24 Oktober.
Opkomende eksamens vanaf Donderdag 9 November tot Donderdag 16 November.
* Elektriese tegnologie, Donderdag 9 November.
* Lewenswetenskappe vraestel 1 (V1), Vrydag 10 November.
* Meganiese tegnologie, Vrydag 10 November.
* Lewenswetenskappe (V2), Maandag 13 November.
* Ingenieursgrafika en -ontwerp (V1), Maandag 13 November.
Carolyn Robertson sê met sekerheid dat die vraestel goed afgeloop het, "Die inhoud was nog vars in my geheue en die gedigte wat ingesluit was in die vraestel bevat lesse wat persone kan toepas in die lewe."
* Verbruikerstudies en Gasvryheidstudies, Dinsdag 14 November.
* Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal (V2), Woensdag 15 November.
* Geskiedenis (V1), Woensdag 15 November.
* isiXhosa Huistaal en Eerste Addisionele Taal (V3), Donderdag 16 November.
Ruduwan Chewandré Goosen (hoofseun) sê die vraestel was "redelik verstaanbaar en die lees met begrip het moeilike vrae duideliker gemaak."
Lee-Cailine Luiters sê die vraestel het alles ingesluit wat gedurende die akademiese jaar behandel is. Luiters sê in oomblikke wanneer sy iets vergeet het, het sy dit met meer begrip deurgelees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'