Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Vir Llewellyn Booysen en Richard Harker het 'n bottel koeldrank vanoggend op Kersdag vreugde verskaf.
Hulle het die koeldrank gekoop met sente wat hulle bymekaar gegooi het.
Llewellyn woon al 13 jaar op straat en dis nie die eerste Kersfees wat hy op straat is nie.
"Dis nie aangenaam om Kersfees op straat te wees nie," het hy vertel. "Ons soek iets om te eet." Hy het gisteraand op straat geslaap en sal vandag iets kry om hom mee besig te hou.
Richard het gesê hy woon twee jaar op straat. Dis sy eerste Kersfees op straat.
"Dis moeilik, maar ons moet net glo en vertrou op die Vader. Ons hoop iemand gee vir ons iets om te eet."
Hy hou hom besig om as 'n karwag op te tree.
Video - Jan Rollinson vertel hoe dit is om Kersfees op straat deur te bring:
Llewellyn Booysen (36) en Richard Harker (46) vanoggend met die bottel koeldrank wat bietjie vreugde vir hulle gee vandag op Kersfees. Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’