GEORGE NUUS - Die derde Herold Landboufees was ‘n reuse sukses.
Die wenners van talle stoet-veekompetisies is hier aangekondig en by-na 100 ondernemings het hulle ware en dienste ten toon gestel.
‘n Gesellige biertent met hope vermaak het die feesgangers in ‘n feestelike luim geplaas terwyl verskeie sprekers die gehoor intellektueel geprikkel het.
‘n Fietswedren en ’n vierwielvernufkompetisie het vir die nodige adrenalieninspuiting gesorg.
Tientalle stalletjies het smulkos vir elke smaak verskaf en die George Herald VIP-tent was ‘n welkome hawe waar gaste ‘n blaaskansie kon neem.
As jy die pret vanjaar misgeloop het, maak seker jy’s volgende jaar daar!
Foto's: Ilse Schoonraad
Sien nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=151&gid=5
Nou wel nie vlieënde nie, maar wandelende tapyte. Die langhaar- Angorabokke het elke feesganger se hart gesteel.
Snybergboerdery naby Uniondale is aangewys as die nasionale kampioen in die vagafdeling. Die bokke het skoonskip gemaak en het al die eerste, tweede en derde plekke opgeraap in drie verskillende kategorieë. Van links is Deon Saayman, die hoofbestuurder van Sybokhaar SA, die trotse wenner GT Fereirra, sy vrou Marina en sy dogters Petrusia (16) en Nadine (12).