Gallery
GEORGE NUUS - Lede van die Herold-polisiestasie in samewerking met korrektiewe dienste en Herold-GPF het onlangs ouma Marie Losper (92) se woning binne en buite opgeruim en skoongemaak.
Ouma Marie is die oudste bejaarde op die plaas Grootfontein in die Herold-omgewing. Sy is baie siek en besoek gereeld die hospitaal. Vroue uit die gemeenskap het sommer ingespring en ouma se wasgoed vir haar gewas.
Sy is ook bederf met nuwe komberse. Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman, het ouma Marie gesê dit was vir haar 'n riem onder die hart toe die span by haar huis opdaag. "Meer sulke projekte sal daar in die toekoms aangepak word om 'n verskil in die gemeenskap te maak," sê hy.
Dames van die gemeenskap het ingespring en ouma Marie Losper se wasgoed vir haar gewas.
Lede van Herold-polisie, korrektiewe dienste en Herold-GPF het ouma Marie Losper se tuin en huis opgeruim en skoongemaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'