Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Minke Janse van Rensburg, die Downsindroom swemkampioen en haar ouers Hennie en Aletta, het vanoggend vir Heinrich Muller, bekende sportman van George by die Tuinroetedam ingewag.
Hy is vandag besig met 'n projek waar hy geld insamel vir Downsindroom-swemmers.
Die geld sal Minke en 'n aflosspan instaat stel om aanstaande jaar aan die Wêreldkampioenskappe in Turkye deel te neem.
In die eerste skof het Heinrich vanoggend om 6:00 een myl in die Wolwedansdam geswem. Daarna het hy en Elvis Blue 33km per fiets na die Tuinroetedam gery. Kort na 8:00 was hulle daar en Heinrich het sommer gou 'n een myl swem in die dam aangedurf. Nie te lank daarna was hy weer in die saal van sy fiets oppad na Wilderness vir 'n 21 km rit. Hy eindig laat middag in Knysna.
Uiteindelik sal hy 100km fietsry en 10km swem. Na sy swemtog in die Tuinroetedam het Heinrich gesê: "Sover so goed. Die wind begin optel."
Minke het gesê sy is baie bly dat Heinrich dit doen. Sy moes vanoggend nog Oudsthoorn toe waar sy aan 'n swemgala deelneem. Sy sal vanmiddag in Knysna wees waar Heinrich eindig. Hennie en Aletta het gesê hulle is baie dankbaar vir wat Heinrich doen.
VIDEO - Hennie Janse van Rensburg praat oor Heinrich Muller se poging om te help:
VIDEO - Heinrich Muller en Elvis Blue gesels met George Herald:
VIDEO - Sterkte oom Heinrich. En daar gaan swem hy:
VIDEO - Terwyl die Tuinroetedam oorloop swem Heinrich Muller die laaste deel van sy swemtog in die dam:
VIDEO - Sien julle in Wilderness. Heinrich Muller op sy fiets oppad na Wilderness:
Video's: Eugene Gunning
Minke en haar ouers Hennie en Aletta Janse van Rensburg vanoggend by die Tuinroetedam. Foto: Eugene Gunning
Met die Tuinroetedam wat oorloop swem Heinrich Muller die laaste deel van sy swemtog in die dam. Foto: Eugene Gunning
Vorige artikel: Man gaan vir Minke swem en fietsry
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’