GEROGE NUUS - Valentynsdag word wêreldwyd op 14 Februarie gevier as 'n dag om geliefdes te bederf en spesiaal te laat voel., maar daar is altyd diegene wat nie naby hul geliefdes is nie.
Heeltyd Speeltyd-kleuterskool het aan hierdie mense gedink en besluit om hulle dag op te vrolik.
Die gr. R kinders het op Valentynsdag by Huis J J Watson, Carpe Diem Skool, Up with Downs en Odin heerlike kolwyntjies uitgedeel as deel van 'n uitreikprojek.
Die skooltjie bedank die wonderlike ouers wat met oop hande en 'n mooi hart uitgereik het om Valentynsdag net soveel meer spesiaal te maak.
Natuurlik was Heeltyd Speeltyd net so vuur en vlam oor Valentynsdag en was die hele skool getooi in wit, rooi en pienk.
Die hoof van Carpe Diem Skool, Elzeth Grobler, en die eienares van Heeltyd Speeltyd, Aletta Janse van Rensburg, glimlag breed oor die pragtige Valentynsdagkolwyntjies.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’