GEORGE NUUS - Die plaaslike radiostasie, Heartbeat FM, het op 18 Junie hul 8ste verjaarsdag in styl in die Georgeburgersentrum saam met sy luisteraars gevier.
Luisteraars kon behoorlik uithang vir die geleentheid en saam met hul gunsteling omroepers kuier. Die kos was uit die boonste rakke en is deur Heart Café bedien.
Die stasie spog deesdae ook met ‘n splinternuwe studio wat in aanbou is en beweeg nou na digitaal sodat luisteraars wêreldwyd na die radiostasie kan luister.
Van links is Peter Jaftha (bestuurder), Avril Ahrends (hoof- uitvoerende beampte) en Chisto Nel (stasiebestuurder) by die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'