GEORGE NUUS - 'n Plaaslike organisasie wat hul oor die lot van haweloses ontferm, Cremhog (Christian Rehabilitation Ministry to the Homeless in George), hou hul algemene jaarvergadering op Maandag 10 Desember.
Die vergadering vind om 17:30 (vir 18:00) plaas, by die NG Kerk George-Suid se kerksaal, Fichatstraat 47.
Diegene wat graag die vergadering wil bywoon word versoek om te RSVP na andre.olivier1962@gmail.com of kantoor@nggeorgesuid.co.za of stuur 'n boodskap na 082 551 8900.
Cremhog se werk onder die haweloses en terugvoer oor die vordering met die bou van die beplande sosiale rehabilitasie sentrum is van die items op die agenda.
Strategieë om haweloses beter te bedien en die voorkoming sowel as verminder van haweloses in die dorp sal bespreek word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'