GEORGE NUUS - Inwoners van George word gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n swart krokodilleerhandsak wat op Vrydag 11 November uit ‘n motor op die hoek van Caledon- en Wrightstraat in Camphersdrift gesteel is.
Volgens die eienaar van die handsak was sy en haar man op pad om te gaan kamp toe die handsak uit die motor gesteel is.
“Als was gepak en die waentjie was gehak toe my man besef hy het nie die motor se sleutel nie. Ons was kort in die huis om te soek en toe ons weer in die motor klim en ek my sonbril uit my handsak wou haal, was my handsak weg.
Op kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word hoe ‘n man om 18:05 die handsak uit die voertuig verwyder en te voet vlug.
‘n Beloning word aangebied vir enigiemand met inligting rondom die voorval, of weet waar die handsak is.
Indien een van ons lesers inligting het, word hulle gevra om die eienaar by 079 268 6365 te skakel.
‘n Skermgreep van die kringtelevisiebeeldmateriaal waarop gesien kan word hoe dié man die handsak uit die voertuig vat en hardloop.
‘n Skermgreep van die kringtelevisiebeeldmateriaal waarop gesien kan word hoe dié man die handsak uit die voertuig vat en hardloop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'