GEORGE NUUS - Die meer as 180 uitgevatte gaste - almal werknemers van Group Editors en hul gades - het Vrydagaand almal saamgestem: die maatskappy se jaareindfunksie was ’n fees van ‘n geselligheid en vol verrassings.
Almal het geweet daar word vir die eerste keer in die maatskappy se geskiedenis langdienstoekennings uitgedeel, maar die meevallertjies daarmee saam het die asems van die ou staatmakers weggeslaan.
Buiten die 35 toekennings vir lang diens, is daar ook vyf toekennings gemaak aan grafiese ontwerpers in die groep wat uitgeblink het in ‘n landswye e-opleidings-kursus van die Caxton-groep.
ARTIKEL: MANDI BOTHA
FOTO'S: TANYA WATSON
Nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=196&gid=5
Barbara Heugh (links) het ‘n reuse-applous van kollegas ontvang omdat sy langer as enigiemand anders by die maatskappy vasbyt. Sy is ná 29 jaar steeds by die George-tak. By haar is Pauline Lourens.
Pauline Lourens van George Herald, JB van Zijl en Shirley Coetzee van Mossel Bay Advertiser, en Carol Perry van George Herald werk almal reeds tussen 15 en 20 jaar by Group Editors. Nellie Majiet (heel regs) werk tussen 20 en 24 jaar daar.