Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was Maandagoggend, 12 Desember, groot opgewondenheid by Hoërskool Heatherlands in George toe ‘n rugbyafrigtingskliniek vir leerlinge aangebied is.
Die aangeleentheid was in aanloop tot die George Africa Tens sport- en leefstylfees wat van 15 tot 18 Desember aangebied word.
Leerlinge van verskeie skole in George het dit bygewoon.
Onder die wakende oog van Anton Moolman, hoofafrigter van die SWD Arende, lede van sy afrigtingspan en spelers van die Arende is leerders in die fynere kunsies van rugby touwys gemaak.
Die geleentheid is ook bygewoon deur Heyneke Meyer, ‘n voormalige afrigter van die Springbokke en een van die organiseerders van die naweek se geleentheid. Leon van Wyk George-burgemeester, het ook kom kyk hoe verloop sake.
Van Wyk het gewys op die voordele van die geleentheid en gesê dat dit ‘n groot uitwerking op die plaaslike ekonomie het.
Moolman het gesê dis ‘n voorreg om die jeug te kan help en iets te kan terugploeg in die gemeenskap. “Ons het almal op ‘n jong ouderdom begin.”
VIDEO - Kom deel in groot sport en fees geleentheid
Die afrigtingskliniek by Hoërskool Heatherlands Maandagoggend aan die gang. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'