Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep agterplaasbewoners van Seeview in Pacaltsdorp het grond op 'n oop stuk grond in Bluegumstraat beset.
Die munisipale anti-grondbesettingseenheid het reeds sedert gisteraand verskeie besoeke afgelê. 'n Paar hutte is afgebreek, maar hulle word tans weer deur die groep herbou.
Die George Herald was vanmiddag op die toneel en het met van die inwoners van "Moeggeploeg", soos hulle die nuwe plakkerskamp noem, gesels. Hulle is ontsteld oor die munisipale optrede teen hulle, wat volgens hulle aggressief was.
Abraham Oktober, 'n pastoor wat blykbaar reeds vier dae op die grond plak, het gesê hy kan nie langer wag vir n plek van sy eie nie. Van die mense is al etlike jare op George se behuisingswaglys. "Al die bewoners het tot onlangs in agterplase, in die woongebied gewoon," het Marius Saaiman, gesê. Saaiman is nie deel van die groep nie, maar was daar om 'n ogie te hou namens die grondbesetters.
Een van die grondbesetters wat graag anoniem wil bly, het gesê hulle het geen politieke leiers nie, maar is net n groep agterplaasbewoners van die area wat desperaat is vir behuising.
Kyk 'n video hieronder:
Druk aan die bou in Bluegumstraat.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'