GEORGE NUUS - Inwoners van Rosemoor tehuis vir bejaardes is Saterdag 18 Julie op Mandeladag verras met ‘n warm kniekombersie van Go George.
Ofskoon Go George-personeel dit altyd geniet om deernis op hierdie spesiale dag te betoon deur van hul tyd aan die gemeenskap te gee, het Covid-19-inperkings en veiligheidsmaatreëls sake vanjaar 'n bietjie ingewikkeld gemaak.
“Dit was egter geen rede om nie die harte (en knieë) van sommige bejaarde inwoners warm te maak nie,” lui ‘n persverklaring wat vertel van hulle Mandeladag-vieringe.
Die beloning van persoonlike kontak met bejaardes was nie hierdie keer moontlik nie, maar Go George-personeeldiensbeamptes het die skenking aan personeellede van die ouetehuis oorhandig, terwyl hulle veilige sosiale afstand gehou het. Sodoende het elke inwoner 'n knus kniekombers ontvang.
Nog 'n groep personeeldiensbeamptes het besige bushaltes regoor die dorp besoek en plastiese Go George-reënponcho’s aan passasiers uitgedeel.
Go George-passasiersdiensbeamptes Shartencia Phillips (links voor) en Shilnea van Coller oorhandig die komberse aan personeel van die Rosemoor-ouetehuis. Agter (van links) is Maria Coerecius, Nomonde Magwa en suster Marihana Matthys.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'