Gallery
GEORGE NUUS - Die ooievaar het ‘n besige nuwejaar in George agter die rug.
14 babas is op 1 Januarie gebore.
Die eerste George-baba was Aiden Frolick van Conville wat om 02:45 in George Hospitaal verwelkom is.
‘n Verdere 11 babas is in dié hospitaal gebore en 2 is in die Mediclinic George in die lewe gebring.
Verlede jaar was daar slegs 7 nuwejaarsbabas in vergelyking met 2018 se 14.
‘n Totaal van 58 babas is op Nuwejaarsdag in provinsiale hospitale regoor die Wes-Kaap gebore.
Nicolene en Johnathan du Plessis met babadogtertjie Mila.
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'