GEORGE NUUS - Familie en vriende het Vrydag 14 Mei tydens 'n intieme diens in die Gereformeerde Kerk in George, afskeid geneem van wyle Jan Reyneke (90).
Reyneke, gebore op 1 Augustus 1930, is na 'n lang siekbed op Sondag 9 Mei rustig in Groenkloof-aftreeoord in sy slaap oorlede.
Jan Reyneke was 'n man van vele talente wat diep spore tydens sy 40 jaar in George getrap het.
Hy was 'n bekende in die eiendoms-bedryf, het geboer en talle pryse gewen met sy Amerikaanse-saalperde wat hy geteel het uit die Reynstal-kamp.
Sy vrou, die plaaslike skrywer, Marie Reyneke, bedank almal namens die familie vir die talle besoeke, boodskappe, blomme en oproepe.
"Jan se vier kinders, ek en my twee kinders, asook ons kleinkinders en agterkleinkinders sal hom baie mis."
Sy sê die liefde en ondersteuning wat hulle ontvang word opreg waardeer.
Jan Reyneke
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'