TUINROETE NUUS - Die span van Boks vir 'n Boervrou sê die genadebokse het van oral ingestroom.
"Ons het bokse van kleuterskole, ouetehuise, besighede selfs 'n motorfietsgroep wat 'n ontbytrit gedoen het, ontvang. Ons het so tussen 500 tot 700 bokse gekry."
Die span wil graag die gemeenskappe van George, Mosselbaai en Knysna bedank vir hul bydraes.
Bokse is afgelewer op Uniondale, Herold en die Boesmanland. Dan is daar nog 'n uitreik na Prins Albert en Gamoep binne die volgende twee weke ook, sê hulle.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'