Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Legende onder sy kollegas en vriende in die polisiemag, maar dwelmhandelaars se grootste vrees. Dis hoe adjudant-offisier, Henkie Rhoode, altyd onthou sal word.
Rhoode het verlede week die stryd teen Covid-19 verloor. ‘n Verbyry-gedenkdiens is vroeër vandag, Maandag 18 Januarie, by sy huis in Pacaltsdorp gehou.
Een na die ander het die voertuie met kollegas, vriende en familie by sy huis gestop om blomkranse af te gee.
Nie net was Rhoode ‘n knap en hoogs gerespekteerde polisieoffisier nie, maar hy het ook diep spore in atletiekkringe as afrigter getrap, veral onder die jeug.
Kyk 'n video hieronder:
Rhoode het diep spore in die atletiekwêreld getrap. ‘n Handjie vol van sy atlete het ook die gedenkdiens bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'