GEORGE NUUS - Almal met ‘n liefde vir die letterkunde is welkom by die bekendstelling van Johan Rabie Murray se debuutbundel, geskoei, komende Woensdagaand, 11 Oktober by Wordsworth in die Garden Route Mall.
Die bekendstelling is van 18:30 tot 20:00.
Murray praat ‘n bietjie oor homself, lees van sy gedigte voor, en twee vriendinne wat reeds die bundel het, tree kortliks met hom in gesprek oor geskoei.
Hy maak ook gebruik van die geleentheid om afskeid te neem van kollegas en personeel van oor die jare van veral die Neurokliniek, waar hy einde November sy groepsessies afhandel.
RSVP by johanmurray@telkomsa.net
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'