TUINROETE |KAROO NUUS - Die dae is verby dat ons net biltong en droëwors van wildsvleis gemaak het. Wildsvleis het baie gewild geraak, is 'n gunsteling op die meeste toprestaurante se spyskaarte en is eie aan ons mooi land.
Die veelsydigheid van wildsvleis is hiervoor verantwoordelik en dan is dit natuurlik ook 'n keur en bederfgereg vir meeste gaste.
Verder maak die lae cholesterolvlakke en vetinhoud dit veral gesog onder die gesondheidsbewustes.
Op 1 September om 09:00 leer die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste by Barend Steyn hoe om ‘n rooibokribbetjie te ontbeen en sjef Yvette Potgieter van Laminin Agora-venue demonstreer hoe om wildsvleis suksesvol voor te berei.
Die oggend se demonstrasies gaan verder fokus op die voorbereiding van verskillende wildsdisse, hoe om dit met vrugte en blomme te kombineer asook watter wyne is die beste om dit mee te geniet.
Vir kaartjies, kontak Wendy Bremner by 082 924 2428 om ‘n plek te bespreek teen R200 ‘n kaartjie.
Beperkte sitplekke is beskikbaar. Die laaste dag van bespreking vir gaste is 28 Augustus 2022.
Plek: Laminin Agora, Erf 151, Outeniquabosch, Brandwacht, Hartenbos.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'