GEORGE NUUS - 'n Fietsdief van Blanco is op Donderdag 6 Mei in die George-streekhof tot gevangenisstraf van vyf jaar gevonnis.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, kapt. Nolonwabo Tshengu, is die 32-jarige Eldin Scheepers op 4 Januarie in hegtenis geneem ná hy op 1 Januarie twee fietse ter waarde van R13 000 in Meadestraat in die middedorp gesteel het.
"Die bestuur van George-polisiestasie loof speursersant Badikazi Nonyukela vir haar toewyding tydens die ondersoek," sê Tshengu.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'