Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die South African Water Warriors het vanoggend die ondersteuning van verskeie motorfietsklubs van George en Mosselbaai gekry vir 'n goeie doel.
Pieter du Plessis van die organisasie sê hulle is so dankbaar vir die ondersteuning wat 'n groot verskil gaan maak.
“Die donasies gaan aan boere in die Noord-Kaap waar 'n droogte heers. Hier het dit meer as 7 jaar gelede ordentlik gereën,” sê Du Plessis.
Die motorfietsryers het vanaf 09:00 bymekaargekom by die Pick n Pay in Knysnaweg waar die oorhandigings gedoen is en hulle is daarna in konvooi af tot in Yorkstraat.
Volgens Du Plessis sou hulle daarna die donasies neem na 'n stoor.
Kyk 'n video hieronder:
Pieter du Plessis van die South African Water Warriors bedank almal wat 'n bydrae gelewer het.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Vorige artikel: Help those in drought stricken areas
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'