TUINROETE NUUS - Prof. Francois Durant, 'n dierkundige, paleontoloog en ekoloog het Riversdal-tuinbouklub op Woensdag 8 Maart oor klimaatsverandering en die impak daarvan toegespreek.
Sy vraag aan almal was, "Wat kon ons anders gedoen het om te keer dat ons die planeet vernietig en die antwoord is alles! Ons het alles verkeerd gedoen van die oomblik wat die eerste klip skerpgemaak is 2,5 miljoen jaar gelede.
"Indien ons wil oorleef moet ons, ons hele manier van leef heroorweeg. Klimaatsverandering bring twee uiterstes. Groot vloede, of droogte en brande.
"Daar is nie meer eweredigheid in weerpatrone nie en as die mensdom nie wakker skrik en begin optree nie, gaan daar niks wees vir ons nageslag om na uit te sien nie."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'