Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Inwoners van George se Covid-kreatiwiteit is iets vir die boeke. Terwyl sommige saam met hulle gesinne musiekvideo’s maak en ander op onkonvensionele maniere saam met hul bure braai, het 'n groep plaaslike vriende aan 'n ander manier gedink om die inperking 'n bietjie meer prettig te maak.
Só is die Covid Egg Challenge, wat die hele land op Facebook aan die gons het, op Woensdag, 8 April, hier in George uitgebroei.
"Die challenge het oorspronklik met eiers, suiker en whiskey begin. Iets sleg, iets soet en iets lekker - soos wat die lockdown maar sy goeie en slegte punte het," vertel George-inwoner, Bennie van der Schyff.
Volgens Van der Schyff het als begin toe hy en vier vriende, Hein Killian, Elmar Stander, Werner van Emmines en Louis Ehlers, mekaar en 'n paar ander vriende uitgedaag het om dié drie bestanddele te drink.
"Eers drink jy 'n rou eier, dan volg die suiker en dan die whiskey, of drankie van jou keuse."
Die uitdaging het soos 'n veldbrand versprei en die groep vriende het die volgende dag, 9 April, die Covid-19 Challenge Facebook-blad gestig.
"Toe ons weer sien was daar meer as 400 video's. Ons staan 14 April om 11:30, op 1 700 lede en meer as 7 500 posts. Daar is ook baie video's wat mense elders op Facebook gesit het wat nie op ons blad geplaas is nie," het Van der Schyff Dinsdagoggend gesê.
Bennie van der Schyff wys hoe die uitdaging werk.
Die blad is reeds landwyd bekend en menige mense het ook reeds begin kla oor die 'klomp video's van mense wat eiers eet'. "Ja, ons het negatiewe kommentaar ontvang, maar ons doen dit vir die pret en die samehorigheid," sê hy.
Na aanleiding van die reaksie op hul Facebook-blad, het die groep vriende besluit om die beste video's met 'n prys of twee te beloon.
"Ons gaan die blad sluit op laaste dag van die inperking. Daarna sal die wenners gekies word. Almal is welkom om in te skryf. Jy maak eenvoudig 'n video van jouself waar jy die uitdaging aanvaar, uitvoer en ander nomineer en plaas dit op die blad.
"Indien enigiemand belangstel om 'n prys te borg is hulle meer as welkom. Besighede is ook welkom om tot pryse by te dra en dit sal hoog op die prys gestel word. Ons sal graag vir so veel as moontlik mense wil pryse gee.
"Die hele uitdaging is nie om te probeer snaaks wees nie, maar dis om ons land te herenig sodat ons almal deur hierdie tyd saam kan staan."Louis Ehlers is een van die stigters van die uigdaging.
'n Spotprent wat op Facebook sirkuleer.
Covid creativity in George is something for the books. While some are making music videos with their families and others braai with their neighbours in unconventional ways, a group of local friends have created yet another way to make the lockdown a little more bearable. That's how Covid Egg Challenge, that has South African Facebook users buzzing, hatched here in George on Wednesday 8 April. "The challenge originally started with eggs, sugar and whiskey. Something bad, something sweet and something delicious - like the lockdown has its good and its bad," George resident Bennie van der Schyff said. "First you drink the egg, then some sugar and then the whiskey, or drinkof your choice."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'