GEORGE NUUS - Die vermetelheid van dwelmmisbruikers in George laat die verstand duisel.
Van skaamte of respek vir wetstoepassingsbeamptes is daar ook nie sprake nie.
Deesdae word die NG Moederkerk se tuine gebruik as 'n bymekaarkomplek vir handelaars en gebruikers.
"Ons moet elke dag toekyk hoe die mense hulself inspuit. In hulle arms, bobene en selfs hul mae. Ons het dit aan die polisie gerapporteer, maar niks word gedoen om hulle te verwyder nie.
"Hier is 'n sekuriteitswag in die nag, maar die dwelmmisbruikers is nie hier in die aand nie, hulle kom in die dag nadat hulle genoeg geld by die verkeersligte gebedel het om dwelms te koop," het 'n bekommerde inwoner, wat naby die Moederkerk bly, in 'n brief aan die George Herald gesê.
Volgens Anne-Marie Wearing van Niqua-sekuriteitsdienste, waarvan die kerk 'n kliënt is, gebruik van die haweloses, wat voor die George-landdroshof bly, ook glo na die Moederkerk-tuine as 'n gerieflike plek vir dwelmhandel, -misbruik en om hulself te verlig.
"Ons is bewus van die bosslaapers en dwelmgebruikers wat van tyd tot tyd op die terrein is. Hulle slaap snags voor die hof en bedags betree hulle die kerk se gronde en mors vreeslik daar.
"Die kerk se werknemers jaag hulle gereeld weg, maar dis nie lank nie dan is hul weer terug," het sy gesê.
By navraag het Steve van der Walt, leraar by die kerk bevestig dat hulle van die probleem bewus is en dankbaar dat daar nog mense is wat bekommerd is.
Wearing sê sy het sy intussen die situasie aan die George-polisie verduidelik en hulle het ingestem om twee keer per dag die perseel te patrolleer.
Trevor Botha, munisipale bestuurder, sê die munisipaliteit het 'n beperkte mandaat om aangeleenthede rondom dwelmmisbruik en haweloses aan te spreek, verál wanneer dit op privaateiendom plaasvind.
In dié geval die Moederkerk.
"Wetstoepassingsbeamptes kan reageer op klagtes a.g.v. mense wat 'n oorlas is deur 044 801 6300 te skakel. Oortreders kan 'n boete opgelê word, maar in meeste gevalle het hulle nie geld om die boete te betaal nie.
"Dit is dus in die algemeen nie 'n langtermyn-oplossing nie," sê hy.
Hy sê die munisipaliteit se departement van maatskaplike dienste werk saam met ander regeringsdepartemente, ondersteuningsgroepe en organisasies om die groter sosio-ekonomiese kwessies rondom dwelmmisbruik te probeer aanspreek.
Volgens 'n inwoner wat naby aan die Moederkerk bly, is hierdie drie gereeld besig met dwelms onder die groot akkerboom in die kerk se tuin.
* The audacity of drug users in George are astounding. There is no shame or respect for law enforcement either. The spot under the old oak tree at the Dutch Reformed Church is the latest gathering place for uses and dealers alike.
The pride of drug users in George leaves the mind a lot. There is no question either of shame or respect for law enforcement officers.
Nowadays, the NG Mother Church's gardens are used as a meeting place for traders and users.
"We have to watch how these people inject themselves, in their arms, thighs and even their bellies. We reported it to the police, but nothing has been done to remove them.
Here's a security guard at night, but the druggies are not here in the evening, they come in the day after they have been begging for money at the traffic lights to buy drugs," a concerned resident, who lives near the the church, told the George Herald in a letter.
Annemarie Wearing from Niqua Security, of which the church is a client, said that she has approached the police and they are willing to petrol the area twice a day.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'