Die verdagtes, tussen 20 en 30 jaar, is verlede Donderdagmiddag by ‘n huis in Campherstraat, New Dawn Park gearresteer nadat die polisie inligting opgevolg het.
Volgens kaptein Bernadine Steyn, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die vuurwapen, ‘n 12-boor dubbelloop haelgeweer en 6 rondtes, onder die matras in ‘n kamer gevind.