GEORGE NUUS - 'n Brief van Andries & Vasti Putter, Pretorianers:
"Na ? lang en uitdagende jaar kon ek en my vrou (albei predikante) uitsien na ? vakansie om net te gaan rus. Ons het op ? warm Sondagmiddag in Desember in die pad geval en na die Kaap gereis.
Na drie-en-‘n-halfuur se ry wou ons motor (Ssangyong; Korando) se koppelaar (clutch) nie meer effektief werk nie (wanneer jy byvoorbeeld, die koppelaar intrap bly dit onder teen die vloer van die motor, sonder om na die gebruiklike posisie terug te keer). Ek het groot geskrik, want met so iets het ons nog nie mee gesukkel nie, veral nie motor moeilikheid ver van die huis af nie.
Ek moes noodgedwonge aftrek, omdat ek nie die ratte meer kon wissel nie. Nadat die motorenjin tot stilstand kon kom, het ek dit weer aangeskakel en die koppelaar het weer gelukkig begin werk.
“Ag dit is net ? klein probleempie” het ek vir myself gesê!
Soos wat Bloemfontein begin nader kom en ek sukkel-sukkel verby tolpaaie is, het my vrou die assuransie-mense geskakel om te hoor wat ons te doen staan. Dalk ? moontlike insleep na ? handelaar se plek was ons voorneme. Ek kon gelukkig die Bloemfontein Engen One Stop-vulstasie haal.
Na ? ruk by die Engen One Stop, besluit ek om gou na die badkamer te gaan terwyl my vrou verder skakeling met die assuransie doen. Op pad terug van die badkamer kry ek ? kaartjie van ? petroljoggie. Hy moes ons seker dophou want motors breek seker gereeld langs die hoofpaaie en daarom is besigheidskaartjies van motorwerktuigkundiges vrylik hier rond beskikbaar.
Ek moes wag totdat my vrou klaar met die assuransie gesels, alvorens ek verskeie oproepe kon maak. Ek kon ? pastoorsvriend op Bloemfontein skakel en hy het dadelik sy gasvryheid aangebied om ons te kom help, maar ons wou so gou moontlik by ons vakansie bestemming uitkom.
My vrou het toe (glo dit op ? Sondag-middag) met die assuransie reggekom en dié assuransie kon ? tou-trok stuur. Ons moes vrede maak dat ons wel in Bloemfontein gaan oornag en daarom ons oorslaap in Colesberg telefonies kanselleer.
Terwyl ek en my vrou vir die tou-trok wag besluit ek om die nommer op die
besigheidskaartjie te skakel wat ek by die petroljoggie ontvang het. Ongelukkig
kon ek nie dié persoon in die hande kry wie se nommer op die
besigheidskaartjie is om aan ons motor te werk nie.
Intussen het verskeie Taxivoertuie my vasgetrek sodat ek nie my voertuig weer sukkel-sukkel aan die gang kon kry en om verder te probeer reis na ons oornag verblyf in Colesberg
nie.
Dalk was die Taxi-persone se optrede nie toevallig nie. Hoe sal ek weet? Ek het weer probeer om die nommer op die besigheidskaartjie te skakel en skielik het die persoon wat ek geskakel het voor my by die Engen One Stop stilgehou.
Die persoon (motorwerktuigkundige) het dadelik na die koppelaar se toestel onder die voertuig begin loer en hier en daar ? draad gepluk en siedaar die koppelaar kon weer werk. Ons was so bly en gee toe van ons vakansiegeld vir die werktuigkundige alhoewel hy niks wou hê nie. Dié werktuigkundige gee toe die geld sommer vir die petroljoggie omdat die petroljoggie sy kaartjie aan my oorhandig het.
Wel die goeie nuus was dat ek en my vrou nou op pad na Colesberg is en die oornag kansellasie is teruggetrek nadat ons die mense in Colesberg geskakel het. Ons het ook die assuransie laat weet dat ons voertuig weer reg is en dat die tou-trok nie meer benodig gaan word nie.
Van Bloemfontein tot Colesberg was ons benoud wanneer ek ratte moes wissel omdat die koppelaar nie 100% reg wou werk nie. Dit was uiters senutergend om die laaste kilometers van Bloemfontein na die gastehuis in Colesberg af te lê. Dit was ook vir my ? groot verleentheid toe ons motor sukkel-sukkel by die gastehuis opdaag en die mense dit aanskou. Gelukkig het die eienaars van die gastehuis dadelik vir my ? afspraak gemaak om dié dorp se motorwerktuigkundige (Le Roux) die volgende dag te sien. Sy besigheid was
gelukkig regs langs die gastehuis.
Vroeg die volgende more is ons na die werktuigkundige se werkswinkel. Die werktuigkundige se vermoede was dat daar lug in die pyp van die koppelaar is.
Dié lug keer dat die koppelaar reg funksioneer. Die werktuigkundige het die koppelaar se pyp (in motor-taal) gebloei en die lug wat in die pyp van die koppelaar instroom, probeer beperk.
Die werktuigkundige het ons aangeraai om aan te beweeg en as ons Graaff-Reinet haal ons na George moet deurskiet, want om in Colesberg te wag vir ? Ssangyong part, baie lank kan duur. Hy het ook voorgestel dat ons nie na George via Beaufort Wes moet reis nie, aangesien daar plek-plek nie goeie selfoon opvangs is nie.
Ek moes dus deur Graaff-Reinet reis. Toe ons Graaff-Reinet haal het die motor stil gaan staan in die middel van die hoofstraat. Dit was vir ons ? verleentheid aangesien ons soos uitvaagsels gevoel, wat die verkeer doelbewus wou ophou.
Groot was ons verbasing toe ? wild vreemde man sy winkel se deure net so oop los en ons te hulp snel. Hy het aangeraai dat ons moet probeer om tot by Hyundai- handelaar by die einde van die dorp te reis en daar vir hulp aan te klop.
Met ? gesukkel kon ons wel Hyundai in Graaff-Reinet opgespoor. Die persone daar was onmiddellik behulpsaam, maar kon nie die stukkende koppelaar van ons voertuig herstel nie. Ons het gehoop dat Hyundai-voertuie wat in Korea gemaak word soos Ssangyong-voertuie, Hyundai-parte het wat vir die Ssangyong werk want die Santa Fe van Hyundai se remskoene is dieselfde as die Korando.
Na vele skakeling gedoen is moes ons aanhoor dat geen Hyundai en Mahindra-handelaars in SA parte vir die Ssangyong Korando het nie, alhoewel sekere Mahindra-handelaars Ssangyong voertuie diens. Gelukkig kon die werktuigkundige in Graaff-Reinet uitwys dat ons voertuig se “concentric slave” stukkend is. Ons voertuig se koppelaar is weer gebloei en die lug wat in die pyp van die koppelaar instroom, is probeer beperk.
In George moet ons vir diegene wat aan ons motor werk sê dat dit die “concentric slave” is wat vervang moet word. My vrou het intussen met iemand in George begin gesels. ?
Verkoopman by JP motoronderdele in George het gesê ons moet ? foto neem van die bestaande “concentric slave”, want party voertuie gebruik dieselfde parte, dan kan hy solank begin soek na een wat op ons voertuig pas.
Ek en my vrou het gebid dat ons veilig by George sal aankom. Wel om die motor te laat ry op ? vinnige spoed was nie ? probleem nie, maar om ratte te wissel was ? groot uitdaging. Ervare bestuurders sal sekerlik sê “vir ons is enige stukkende voertuig nie ? probleem om mee te ry nie want ons ken kort paaie om voertuie aan die gang te kry”.
Vir my was die rit oor die Outeniquapas ? groot uitdaging, want om dieselfde spoed te handhaaf ongeag ? opdraande en afdraande was baie moeilik. Om by ons oornag plek in George aan te kom was vir ons ? groot wonderwerk, ek en my vrou was baie bly dat
ons kinders nie aan hierdie ervaring blootgesel was nie of om dit self te moes aanpak nie.
Vroeg die volgende môre is ons met die voertuig sukkel-sukkel na JP onderdele in George. Daar het JP ons aangeraai om na Ferobrake te ry en vir Pine Pienaar vir raad te vra. Volgens JP is Pine ? spesialis en hy sal weet wat om te doen. Gelukkig was dié afstand van JP onderdele na Ferobrake net ? paar blokke van mekaar.
By Ferobrake ontmoet ons toe vir Pine en Ockert, aangename en vriendelike persone wat graag wil help. Pine en Ockert het verskeie oproepe gemaak om uit te vind waar ons ? “contentric slave” kon kry.
Na ‘n ruk kon ons ? Wayne van Sang-dai in Gauteng opspoor wat met Ssangyong en Hyundai-voertuie parte werk. Wayne sou vir ons die regte part voorsien, maar teen ? aansienlike hoë prys.
Intussen is ons gemeente se hoofouderling oorlede en ons moes inderhaas reëlings tref om na Pretoria terug te keer om die begrafnisdiens waar te neem. Vliegtuigkaartjies was goedkoop van George na Johannesburg, maar peperduur terug van Johannesburg terug na George. Pine het ons benarde en moeilike situasie goed opgesom en voorgestel dat ons ons voertuig met sleepwa in sy werkswinkel los terwyl ons kan fokus om terug te keer na Pretoria om die begrafnisdiens waar te gaan neem.
Pine en Wayne het met mekaar gesels en probleemareas geïdentifiseer. Die slegte nuus vir my was dat dit nie net die “concenric slave” was wat gebreek het nie, maar ook die “clucth-kit” en “fly-wheel”. Alles moes vervang word.
Wayne kon ? nuwe “clutch-kit” kry, maar net ? tweedehandse “fly-wheel” vind. Hierdie parte het vele duisende rande gekos en dit moes nog na George vervoer word. Arbeid is nog nie in berekening gebring nie. Nadat ek Wayne betaal het, het hy planne beraam om die parte in George by Pine te kry. Ons voertuig met sleepwa is in Pine se werkswinkel gelos en ek en my vrou was bly om ontslae te wees van die stukkende motor wat nou in die hande van
bekwame mense was.
Die begrafnisdiens en onthaal se reëlings is deur my vrou in George gereël en ek kon die hartseer diens en emosionele mense in Pretoria gaan help versorg.
Vrydag-oggend wyl ons op pad terug is na George het Pine my laat weet dat die laaste parte (“clutch-kit & fly-wheel”) in George aangekom het, maar dat hy sy drywer moet stuur om dit self te gaan afhaal om tyd te spaar, want ons sou dieselfde dag nog by my suster en swaer in Kaapstad aansluit om die min oorblywende deel van die vakansie saam met hulle te kan geniet.
Ons was bekommerd dat Pine se manne nie met die werk sou klaar kry nie, want dit was
? groot werk wat verrig moes word.
Toe ons by die Lughawe in George land het Pine gereël dat Theo van Ferobrake ons oplaai.
Pine het geen moeite ontsien om ons te help nie. Groot was ons verligting toe ons by sy werkswinkel stop en ons voertuig buite sien staan. Dit het vir ons uitgewys dat die voertuig reggemaak is. Ek wou nie die uitstaande rekening self betaal nie, want vir ? groot skok sou ek nie kans sien nie. Ek het my vrou gevra om die rekening te gaan betaal sodat ek die sleepwa kon haak en ons so gou doenlik na Kaapstad kon reis.
Ek moes een of ander tyd met die realiteit van die uitstaande betaling te doen kry. Ek het huiwerig my vrou gevra wat die uitstaande rekening was. Ek kon nie glo dat Pine ons so min gevra het nie. Dalk het hy die twee predikante jammer gekry, of dalk is hy ? pragtige mens wat gebruik was om ons te help.
Ek het my terug na sy kantoor gehaas en hom persoonlik te gaan bedank vir sy puik diens.
Pine het nederig geantwoord en genoem dat dit net ? plesier was.
Ons rit na Kaapstad kon ons met dankbaarheid en blydskap aanpak. Dankie Pine, mense soos julle maak die lewe mooi. Dankie dat julle vir ons in nood ? ware helper was! George se mense is bevoorreg om juwele soos julle daar te kan hê. Julle kon ? tweede myl saam met twee moedelose predikante stap en die reis help draaglik maak. Mag julle 2019 geseënd en voorspoedig wees!
Nederig dankbaar!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'