GEORGE NUUS - Boekwurms word uitgenooi na die bekendstelling van 'n debuutroman wat in beide Afrikaans en Engels uitgegee word, 'n Hart is so groot soos 'n vuis/The heart is the size of a fist, deur PP Fourie.
Die boek vertel die verhaal van 'n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige, dog charismatiese alkoholis-pa. Hy onthou hoe hy saam met sy ma moes vlug en hoe sy ouers soms versoen geraak het.
Dit volg sy ontwikkeling as jongman en sy ontferming oor sy halfbroer, wat hy met alle mag teen hul eie pa wou beskerm.
Fourie is professor in sosiale wetenskappe en visedekaan van leer en onderrig by Stellenbosch Universiteit. Die bekende skrywer Riana Scheepers gaan met Fourie oor sy boek gesels.
Die geleentheid word aangebied deur Wordsworth Books en Kwela. Dit vind op Woensdag 26 Mei om 18:45 by Wordsworth Books in die Garden Route Mall plaas.
RSVP by 044 887 0224 of groutemall@wordsworth.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'